|
Welkom by die webtuiste van London City Presbyterian Church. Ons is 'n gemeenskap van gelowiges wat in die hart van hierdie groot wêreldstad bymekaar om die Drie-enige God saam te aanbid. Alhoewel ons lidmate op die oomblik in en rondom Londen woon kom ons van regoor die wêreld. Die hartklop van ons gemeentelewe is die goeie nuus dat, alhoewel ons sondige mense is, ons regverdig verklaar is in God se oë enkel en alleen uit genade deur geloof in Jesus Christus. Hierdie goeie nuus vorm die hart van ons aanbidding, inspireer ons liefdesdiens en dring ons om die genade van God te verkondig aan 'n verlore samelewing.
Dalk het jy ook bewus geraak van die hopelose situasie van die mensdom. Miskien dring hierdie gevoel van verlorenheid jou ook om 'n veilige plek te soek waar jy behoort, 'n plek van vrede en van vergifnis. Kom dan eerskomende Sondag en vind saam met ons toevlug in Jesus Christus, in Hom wat ons uitnooi en sê: "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee." (Mat. 11:28)
Saam in Christus se diens
 Rev. David Strain, Minister |